You need flash!
 

Vertikaal

In 2005 het drie lede van die NG-gemeente Lynnwood se musiekbediening besluit om ‘n band te vorm. Vertikaal se eerste CD, Uit dieptes, is hoofsaaklik vir die gemeente vrygestel, maar die belangstelling was so groot dat dit vir ‘n paar ATKV Lier-toekennings benoem is. Die groep het toe bestaan uit Jattie de Beer, die hoofsanger, Leon Gropp op die kitaar en agtergrondsang, en ‘n predikant van die gemeente, Zander van der Westhuizen, wat die klavier bespeel het. Intussen het 3 nuwe lede bygekom - Johannes du Toit op elektriese kitaar, Philip du Toit op baskitaar, en Jason Moser op dromme. Einde 2007 het hulle egter besluit om ‘n tweede album op te neem met die hulp van Merchant Musiek. Stil is in April 2008 vrygestel, en hierop het hulle met ‘n hele aantal oorspronklike komposisies vorendag gekom. Stil het in 2009 ATKV Lier toekennings sowel as 'n SAMA verower. "Daar is heelwat opwindende verwikkelinge in Afrikaanse lof- en-aanbiddingsmusiek. Met hierdie album bewys Vertikaal egter dat dit nie net in eredienste gehoor hoef te word nie, maar geskik is vir radio-lugtyd. Stil is ongetwyfeld een van die heel beste Christelike albums wat die laaste tyd verskyn het. "(Daantjie Dinamiet) Read more on Last.fm. User-contributed text is available under the Creative Commons By-SA License; additional terms may apply.

christian afrikaans



Ddisselblom

label_artist_info

Die Melktert Kommissie

label_artist_info

Kabaal (klankbaan)

label_artist_info




© KrMBeN